Email usirene@speakersprofile.co.za
Call us082 333 7188

Irene-Louise van Wyk



Bekyk haar web tuiste by www.irenelouisevanwyk.co.za

Irene-Louise Van Wyk is ‘n sangeres, mamma, vrou en besigheids eienaar wat haar hele lewe al woon in Pretoria Oos. Met verskeie nommer een treffers. Sy het ook al saam met van die land se grootste kunstenaars op getree, gesing en getoer.

Musiek vloei deur hare are van kleins af met haar Ma wat die wyle sangeres Irene Van Wyk was en Pa, musiek promotor Louis Van Wyk.

Irene-Louise van Wyk het geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig nie. Die afgelope ses jaar het sy haarself gevestig as sanger en verhoogkunstenaar. Die geesdriftige blondekop se nuwe enkeisnit getiteld "Ek Voel Soos Oee" is eg aan Irene-Louise se unieke styl, baie modern en het 'n Iekker vars klank vir Afrikaans wat reeds met geweldige belangstelling begroet is! Die snit volg op treffers soos "Vergeet Van My", "Sjampanje", "Jy Speel 'n Game Met My", "Hou Jou Hande Van My Lyf Af" , "Stukkende Ruite" en "Iziiit".

"Ek Voel Soos Oee" is gemik op die mense wat altyd net die lelik in die lewe en in andere raak sien en spoor die wat al deur geloop het aan om meer van die goeie in hulself asook die lewe raak te sien.

'n Splinternuwe CD is ook nou beskikbaar wees en die selfgetitelde vrystelling, wat 14 snitte bevat, is vol verrassings, nuwe snitte asook snitte wat voorheen net as enkelsnitte beskikbaar was, 'n ou Engelse "classic" wat 'n nuwe baadjie gekry het asook Irene-Louise van Wyk treffers wat reeds goed bekend is. Hierdie vrystelling gaan een vir almal wees.

Irene-Louise hoop dat haar musiek mense sal aan raak, Iaat Oee voel asook hulle dag op kikker "Musiek het nog altyd deur my are gevloei. Ek was van kleins of omring deur talentvolle mense wat 'n voorliefde vir musiek by my gekweek het. Ek put inspirasie uit die kunstenaars wat ek streef om te wees."

Vir Irene-Louise was een van die hoogtepunte van haar Ioopbaan die twee Ghoema-nominasies (Publiek se gunsteling Vroulike kunstenaar, Beste Pop Album deur 'n vroulike kunstenaar) wat sy in 2018 ontvang het.

Sy hou egter haar voete plat op Moeder-aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig te bly en dat jy die vrugte sal pluk as jy hard werk. Ek voel soos Oee , is die bewys daarvan ...

Album: Meer as woorde

Album: Sjampanje

Album: Ek voel soos oee