Craig Du Toit Nel

In Mei verlede jaar het hy slegs vir sy vriendekring ʼn grapvideo op Facebook geplaas. Dié video het egter só vinnig versprei dat hy skaars ʼn dag later ʼn stormvloed boodskappe van mense ontvang het. Sommer oornag was hy op almal se lippe en ʼn sosiale mediasensasie!

Vandag is Craig du Toit Nel huishoudelike naam, ʼn handelsmerk, ʼn bekkige fenomeen, en ʼn reuse sukses.

“My vriendekring en ek het altyd onder mekaar gespot oor ons gewig,” lag Craig. “Ek’t hulle vertel dat ek raakgelees het oorsese modelle eet watte om hul honger te blus. Daarna het ek ʼn video gemaak om te demonstreer hoe mens watte moet eet en dit op Facebook gelaai. Toe ek my oë uitvee het derduisende mense reeds na die video gekyk—dit het soos ʼn veldbrand versprei. Ek het daar en dan besluit om ʼn Craig du Toit Nel Facebook-blad te begin en gereeld videos geplaas. Mense het my blad begin volg en my dag en nag besig gehou met kommentaar en vrae. Weet jy, ek spog reeds met 165 000 ‘likes’ en dié getal bly groei en groei!”

Dit het al hoe meer duidelik geword dat Craig ʼn bestuurder sou benodig, en bekende musiek promotor met 43 jaar ondervinding, Louis Van Wyk en sy dogter Irene-Louise van Wyk (self ʼn baie suksesvolle kunstenaar) van Music Profile Management het besluit om betrokke te raak om sodoende Craig se vermaaklikheidsloopbaan onder hande te neem. Louis was lank Steve Hofmeyr asook Kurt Darren se bestuurder, maar het ook groot sukses behaal met Radio Raps, Dozi, ADAM, Leon Schuster, en vele, vele meer. Hy het nou selfs gewilde sprekers soos Leandie du Randt, Hykie Berg en Melinda Bam op sy boeke om net n paar te noem. Hy is opgewonde om Craig by Music Profile Management te verwelkom, en daar’s vonkel in sy oë. Craig rol net syne. “Nou begin ons eers—watch this space you bitches!” skater hy.

Craig Du Toit Nel se optredes is uiters gewild en stroom in. Wees gewaarsku dat sy Uitgesproke vertoning tot erge maagkrampe van die lag kan lei van begin tot einde! Craig raak ook natuurlik aan onderwerpe wat g’n ander kunstenaar sal waag nie, en op sy eie, absolute unieke manier. Moenie Uitgesproke misloop nie!

Craig du Toit Nel se nuutste vertoning " Lag en Prag " is vir die hele familie en Craig maak saam met jou elke gesiggie mooi



Trending Videos:


Bespreek Craig Du Toit Nel vandag!


Grondhervorming
Teenage Terrorists

© Copyright 2019 Speakers Profile

All Rights Reserved


Powered & Sponsered by @IT Designs & Blazingsun Design Studio