Irene-Louise van Wyk

Hierdie lewenslustige blondine het tussen musikante groot geword. Vanjaar is haar vyfde jaar in die bedryf en sy het reeds hope sukses bereik. Nie net het sy al saam met van die land se voorste kunstenaars gewerk en opgetree nie, maar van haar treffers soos, Meer As Woorde en Vergeet Van My het ook verskeie weke bo aan die treffersparades van talle radiostasies, waaronder Jacaranda FM, gekuier. Jy Speel ‘n Game Met My {350000 views} is ook vereer met ‘n VCR 90.6 FM-toekenning. Sy het met haar twee CD vrystellings – Meer As Woorde asook Sjampanje, dit reggekry om vir haarself ‘n amptelike plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te vestig – nie net as sanger nie, maar ook as verhoogkunstenaar.

Irene-Louise het reeds onder andere meer as 90 vertonings saam met aktrise en televisiepersoonlikheid, Leandie du Randt aangebied. Daar word na haar verwys as Suid-Afrika se Meghan Trainor, maar Irene-Louise van Wyk hoef nie ’n tree vir hierdie musieklegende terug te staan nie...

Sy het haarself reeds gevestig as ’n sterk kunstenaar met wie daar rekening gehou moet word. Sjampanje versinnebeeld nie net die groei en omwenteling wat hierdie talentvolle dame die afgelope paar jaar ondergaan het nie, maar is ook ’n goeie aanduiding van wat luisteraars in die toekoms van haar kan verwag. Die aanslag van die Sjampanje vrystelling in 2017 is verfrissend anders en ’n ware bederf vir die oor.Die vrystelling het treffers soos Sjampanje en Hou Jou Hande van My Lyf Af gelewer.

Irene - Louise van Wyk se enkelsnit, geskryf deur Riana Nel, Is jy Spyt is goed ontvang laat 2018.

Vroeg in 2019 het Irene - Louise se vrystelling " Stukkende Ruite " gepronk as nommer een op verskeie radio stasies en bewys waarna haar stem in staat is .


Haar nuutste treffer wat verseker almal se voete gaan laat jeuk in die unieke Irene - Louise styl genaamd " IZIIIT? " ; sal einde September 2019 die lig sien ....


Irene-Louise was ook benoem vir 2 GHOEMA’S 2018:
1. Publiek se gunsteling Vroulike kunstenaar
2. Beste Pop Album deur ‘n vroulike kunstenaar.



Articles:
https://maroelamedia.co.za/vermaak/

bekendes/groot-jaar-wag-op-afrikaanse-sangeres

https://www.jacarandafm.com/breakfast-martin-bester/irene-louise-van-wyk-stuns-megan-trainor-medley/
https://www.channel24.co.za/The-Juice/News/meet-south-africas-meghan-trainor-and-then-watch-her-shake-it-20160811?isapp=true


Trending Videos:
Bespreek Irene-Louise van Wyk vandag!


Hou jou hande van my lyf af (Views: 415 000)
Vergeet van my (Views: 180 000)

Sjampanje
Stukkende Ruite

Is jy Spyt?
Vergeet van my (Live Expresso)

Sjampanje (Live Expresso)


© Copyright 2019 Speakers Profile

All Rights Reserved


Powered & Sponsered by @IT Designs & Blazingsun Design Studio