Leandie du Randt


Leandie du Randt

Leandie du Randt is tans mees bekend vir haar rol as ‘Ivanka Gouws' in die gewilde Afrikaanse sepie Binnelanders, wat weeksaande op KykNet te sien is. Leandie maak geskiedenis as die eerste aktrise wat op ‘n landswye toer gaan met nagenoeg 35 optredes waar tydens sy oor die inhoud van haar boek gesels. Die aanvraag is oorweldigend!

Ander bekende rolle wat sy al vertolk het sluit in 'Mieke' in die wel bekende Afrikaanse Kyknet reeks Getroud met Rugby en ‘Lea’ in die drama reeks Vlug na Egipte en Terug na Egipte. Leandie is ook te sien in talle Afrikaanse films soos Semi - Soet, Klein Karoo, Die Windpomp, Mooirivier, Strikdas en Hollywood In My Huis. Leandie het verder ook tweede gekom saam Brandon Eilers le Riche in seisoen 7 van die wereldbekende BBC realiteitsprogram Strictly Come Dancing op SABC 3 in 2014.

Sy het haar eie self - help boek, genaamd Gemaklik In Jou Eie Lyf vir tienermeisies geskryf en dit was toe in Mei 2014 deur Struik Lifestyle in Afrikaans en Engels Comfortable In Your Own Skin.

Haar boek se hele boodskap gaan oor om daarna te strewe om die beste 'jy' te word eerder as om jouself met ander te vergelyk of soos iemand anders te probeer wees. Want, meen Leandie, jy sal nooit 'n beter 'Angelina Jolie' kan wees as wat sy is nie, en in dieselfde asem sal niemand ooit 'n beter jy kan wees as jy nie. So motiveer sy meisies om eerder hulle energie in hulleself en die ontwikkeling en ontdekking van daai self te sit en sodoende meer gemaklik in hulle eie lywe te begin voel.

"My grootste doelwit met my boek en praatjies, en dan die landswye toer waarop ek saam met gaskunstenaar, Irene-Louise van Wyk in 2016 gaan, is om meisies en vrouens te laat besef dat elkeen van hulle spesiaal en uniek is en 'n gift het wat NIEMAND anders op die planeet het nie. Ek strewe daarna om elke meisie en vrou te probeer help of inspireer om hulle volle potensiaal te ontdek en te gebruik en om goed te voel oor hulleself.

Temas/ Themes:

NO ONE CAN BEAT YOU AT BEING YOU / "GEMAKLIK IN JOU EIE LYF”

Hykie Berg


Hykie Berg

Hykie Berg. ‘n Gedugte teenstander wat gesag afdwing; ferm, reguit. As wenner van Survivor SA Maldives 2011 was hy altyd eerlik en getrou aan homself. Sy strategie: Matteus 10:16 “Wees so versigtig soos die slange en so eerlik en opreg soos die duiwe.”

Hy is ‘n gebore Pretorianer en voltooi sy matriekjaar in 1996. Na ‘n uiterste laagte punt in sy lewe, is hy gehoorsaam aan ‘n roeping en begin hy sy studies as drama student op die Universiteit van Stellenbosch. Vandag gesels hy sonder skaamte oor sy filosofie van die lewe, die lesse wat hy moes leer en die beginsels wat hy vandag nog toepas om sy uitdagings te oorwin en ‘n lewe van betekenis te leef.

Hy is ‘n bekroonde akteur en sy loopbaan het gesorg vir talle nasionale en internasionale films en TV reekse asook verskeie teater produksies. Hy word tans gesien as Dr. Conrad Bester in Binnelanders.

Hy skroom nie om te sê die kern van sy lewe is nie sy werk nie, maar sy gehoorsaamheid aan Sy Skepper en die bou van God se Koningkryk. “Daar is baie belangriker dinge in die lewe as om toneel te speel”.

Hykie se groot liefde en passie Ie in die belangstelling van mense, die oprigting van leiers, hoe om hul potensiaal te ontgin en wat dit vir elke individu beteken om verantwoordelikheid vir sy eie lewe te neem en ‘n lewe van persoonlike vryheid te kan geniet. Hy moedig mense aan om meer en beter te wees as wat die wereld van hulle verwag. “Glo in mense, dit gee hulle hoop.”

Hy is ‘n entrepreneur en sy besigheid help met welvaart skepping in byna 25 lande. “Ons besigheids model is van so ‘n aard dat enige individu met ‘n groot genoeg droom en passie ‘n sukses daarvan kan maak. As jy bereid is om te doen wat ordinere mense nie doen nie, sal jy eendag he wat ordinere mense nie sal he nie; totale vryheid in God se doel met jou lewe.

Hy is die skrywer van die Topverkoper “My Storie van Hoop” en reis die wereld vol waar hy duisende mense toespreek oor leierskap, potensiaal, sukses en hoe om jou drome te bereik en in jou roeping te leef.

Hy is die Stigter van Hope In ACTion, ‘n nie-winsgewende organisasie wat opvoeding en bemagtiging bied rakende verslawing en die trauma wat daarmee gepaardgaan.

“The greatest gift you can give another is not just to share your riches, but to reveal to him his own”-Benjamin Disraeli

Temas/ Themes:

‘n Lewe van Betekenis

Jy KAN veg, jy KAN verander, jy KAN vry wees.

Ware welvaart, Finasiele onafhanklikheid en die leef van jou wildste drome

Verslawing: Die verwoesting en restorasie

Melinda Bam


Melinda Bam

Melinda het nou ook ‘n splinter nuwe reeks op VIA TV met die naam #WieIsJouPoppie

Model, Author, Speaker and Entrepreneur. Miss South Africa 2011 and placed 6th at Miss Universe.

A woman with drive, determination and an undeniable sense of compassion who lives up to her own personal mantra, Live to inspire, inspire to Live! Melinda Bam is Miss South Africa 2012, Business Woman & Entrepreneur, Director of Womentality Empowered, Motivational Speaker, TV Personality & Presenter. Born in Pretoria, Bam was crowned Miss South Africa 2012 after which she embarked on her reign and mission to reinvent the role of Miss South Africa, and forge a career far beyond her titile.

Temas/ Themes:

Vrouwees is ‘n Vroufees / I AM -What defines you?

Confidence in being truly YOU / My Trials, My greatest Teachers

The perception around beauty / Making health a habit

Rise of the millennials

Donnalee Roberts


Donnalee Roberts

Donnalee Roberts is n aktrise, vervaardiger, skrywer en model Donnalee Roberts is alombekend vir haar werk op die bekroonde lokettreffers Pad na jou Hart, Ballade vir ’n Enkeling en Vir Altyd.

Pad na jou Hart is in 2014 bekroon as Film-van-die-jaar by die Tempo-toekennings. Donnalee ontvang by hierdie toekennings ook die prys vir Aktrise-van-die-jaar vir haar hoofrol as Amory. Sy word ook genomineer vir ’n SAFTA-toekenning vir Aktrise-van-die-jaar vir haar rol in hierdie film. Pad na jou Hart word in die daaropvolgende jaar weer bekroon as Film-van-die-jaar deur die Natal Film Commission Simon Sabela Awards.

In 2015 het Donnalee die hoofrol van Carina Human vertolk in die verwerking van die gelyknamige ikoniese televisiereeks Ballade vir ’n Enkeling. Donnalee ontvang die Tempo-toekenning vir Aktrise-van-die-jaar vir haar rol in hierdie film.

Vir Altyd is ook in 2016 bekroon as Film-van-die-jaar by die Tempo-toekennings. Donnalee het ook – vir die derde jaar in ’n ry – die Tempo-toekenning vir Aktrise-van-die-jaar gewen vir haar hoofrol as Nina in dié film.

In 2017 sal Donnalee die hoofrol in die nuwe avontuurfilm Stroomop vertolk wat in mid-2018 vrygestel sal word. Sy beklee weer die rol van mede-ontwikkelaar, skrywer en –vervaardiger agter die skerms van hierdie film

Ander toneelkrediete sluit haar rol as Cybil Ferreira in die film Klein Karoo en Annelie in die Televisiereeks 7de Laan in.

Donnalee ontvang haar nasionale graad in BA Drama vanaf die Universiteit van Pretoria, daarna voltooi sy ’n twee-jaar-kursus aan PALI (Performing Arts and Lifestyle Institute). In 2012 het Donnalee aan die bekende New York Academy gestudeer waar sy ’n diploma in toneelspel vir Film ontvang het.

Temas/ Themes:

HEERS op VROU wees / Die AVONTUUR van vrouwees

Ivan Botha


Ivan Botha

Akteur, skrywer en vervaardiger Ivan Botha is alombekend vir sy werk op die lokettreffers Pad na jou Hart en Vir Altyd. Die roprent Pad na jou Hart word bekroon as film van die jaar by die 2014 Tempo-toekennings. Ivan het ook weggestap met die prys vir Akteur van die Jaar vir sy hoofrolle in beide dié films by 2014 en 2016 se Tempo-toekennings. Saam met Donnalee Roberts is Ivan agter die stuur van die skryf, vervaardiging en bemarking van beide die films.

Ivan is die mede-eienaar van die produksiehuis 17 FILMS, wat spesialiseer in die ontwikkeling, vervaardiging en bemarking van kwaliteit, waardegebaseerde films. 17 FILMS was ook verantwoordelik vir die bemarking van die suksesvolle film, Ballade vir ’n Enkeling.

Na bykans tien jaar in die filmindustrie het Ivan sy debuut as regisseur in 2018 te maak. Hy het die regie van die avontuurfilm Stroomop behartig en hy is ook die medeskrywer en -vervaardiger van die film.

Ivan het sy nasionale diploma in Drama vanaf die Tegniese Universiteit van Tshwane ontvang, waar hy gespesialiseer het in regie en draaiboekskryf. Vandaar het Ivan al sy verskyning in bekende televisiereekse gemaak, soos 7de Laan, Villa Rosa en Getroud met Rugby.

Sy filmkrediete sluit Hond se Dinges, Superhelde, Roepman, Verraaiers, Bakgat 1, 2 en 3, Pad na jou Hart en Vir Altyd in. Ivan se passie is gebore op die verhoog en hy was al op die planke met Dis Ek, Anna (2006), Hel op Hemel en Aarde (2011), Ben, Babsie en Familie (2013) en Beurtkrag (2016/2017).

Je-ani Swiegelaar


Je-Ani Swiegelaar

Je-ani Swiegelaar is in Namibit gebore en het groot geword in Pretoria. Sy't in 2004 gematrikuleer en voltooi toe haar graad in drama by Die Universiteit van Pretoria. In 2012, maak sy haar TV-debuut op die gewilde kykNet-reeks, Getroud Met Rugby. Kort daama is sy to sien in nog 'n gewilde kykNet-sepie, Villa Rosa. Haar teater-produksies sluit in Sak en Pak, Balle In Die Lug (Aardklop) en sy het onlangs haar eenvrou-vertoning, Se My Naam Soos 'n Starbucks Knaap gedebuteer by Aardklop asook verskeie enkel-optredes Iandswyd. Haar ander teaterverskynings sluit in die lokettreffer keelVOL (saam met Germandt Geldenhuys) en Lykskou (saam met Bouwer Bosch). Laasgenoemde het verlede jaar by Aardklop gedebuteer.

Knaap gedebuteer by Aardklop asook verskeie enkel-optredes landswyd. Haar ander teaterverskynings sluit in die lokettreffer keelVOL (saam met Germandt Geldenhuys) en Lykskou (sawn met Bouwer Bosch). Laasgenoemde het verlede jaar by Aardklop gedebuteer. Kykers sal haar dalk ook herken as die bitsige speurder in die komiese Vuil IVasgoed wat landswyd to sien was op die grootskerm. In 2017, word Je-ani vereer met die Huisgenoot Tempo-toekenning vir Sepie-Aktrise Van Die Jaar. Je-ani kuier elke aand in duisende mense se sitkamers as die nimlike Suster Naomi Ferreira, in kykNet se immergewilde sepie BINNELANDERS.

Cindy Swanepoel


Cindy Swanepoel

Cindy Swanepoel het haar Bdram honneursgraad voltooi in 2003 by die Universiteit van Stellenbosch.

Cindy het in 2018 die Silwerskermfees toekenning ontvang vir beste aktrise vir haar rol in die kortfilm Fluit Fluit. Sy het ook weggeloop met twee Huisgenoot Tempo toekennings vir beste sepie aktrise en beste vermaak ster 2018.

Sy het al in meer as 20 kinder- en opvoedkundige produksies gespeel, sy spesialiseer ook in poppe- en skadu teater.

Cindy het in vele teaterproduksies te siene opgetree, Kringe in 'n bos, the Crucible, Drif, Curl up and Dye, Houtkruis die musiekblyspel, My vrou se man se vrou, My boetie se boetie se boetie se baba (genomineer beste aktrise vir SAT Mag 2018) en Balle in die lug.

Cindy het die rol van Mysi Moolman vertolk in die bekende film, Ballade vir 'n enkeling. Kortfilms sluit in, Spiertier en Die staat se bul (as deel van Ons Stories.) Sy is in 2015 genomineer as beste aktrise vir die kortfilm Eenrigting (Silwerskermfees.)

Drama reekse en sepies waarin Cindy as byspeler verskyn het, Egoli, Villa Rosa, Generations, The Mating Game, 90 Plein street, Laugh out Loud, Getroud met rugby (seisoen 4), Proesstraat. Cindy is deesdae elke aand in te siene Binnelanders as Dr. Annelize Roux vir die afgelope 3 jaar.

Cindy geniet mc werk, asook om motiverings/inspirerende praatjies te doen. Sy het 'n groot passie om mense se lewens te help verryk. Sy glo dat harde werk, passie en deursettings vermoee 'n baie belangrike aspek is van sukses, asook hoe jy joe denkwyse moet verander om 'n beter en betekenisvolle lewe te kan lei. Dit begin als by jouself!! Sy deel graag haar eie ondervinding van mislukkings/foute wat sy gemaak het en “harde klippe wat sy moes kou”, wat sy alles daaruit geleer het en hoe sy dit gebruik het om in haar guns te tel. Sy praat ook graag oor dankbaarheid en hoe dit haar gehelp het en haar lewe ten volle verander het.

Sy het ook 'n groot liefde om saam met kinders te werk, sy het haar eie skadu teater maatskappy, cindy het vir jare alle ouderdomme “entertain”...”Ek het baie tyd vir kinders en deel, gesels graag met hulle”.

Temas/ Themes:

DANKBAARHEID

Quinne Brown


Quinne Brown

Quinne Brown is an actress and a birth worker who is passionate about stories and the value of an individual’s beginning and path. She is a mother of two girls and actively supports the recognition of women and the feminine. Among her favorite speaker topics are: “How we makechoices “; “Recognising our priorities”, and “How parenthood reflects most of life”. Quinne shares her own story filled with adventure, challenge and the hilarious. Her ease of sharing relates to any crowd.

During the five years as a soap actress, Quinne became involved in South Africa’s transformation process through her charity work and public appearances. These included promotional appearances for 7deLaan, facilitating shows, and working both as an MC and as a public speaker at various charity fundraisers and shows throughout South Africa. At the end of 2006, Quinne settled in San Francisco for 5 years, where she pursued her acting career. Performing on stage, working as a voice-over artist and starring in many short and independent films. Working with and studying at The Shari Carlson Studio and the Digital School of Filmmaking, she explored many genres and characters on stage and in film. While teaching at a drama school she also shared her experience and love for her craft with kids using it as the healing and inspiring art.

Here is some of her current projects: Actress (films and television),Public speaker ,Ambassador for Special Olympics ,Ambassador for the anti-bullying, Brave Heart Initiative ,Blogger and speaker for Mammas24/7 ,Brand ambassador for Bloomlifestyle za ,Birth coach for young parents ,Drama coach for kids, ages 9-12. A safe space to practice and find their creative voice ,Workshop facilitator for teenage-girls, to inspire a loving awareness of each other. ,A weekly podcast “Beer&Babes” with her husband Ryan Huffman and Personal blog www.doulaquinne.com. Her public profile can be seen on Facebook, Instagram and twitter under the @quinnebrown handle.

Temas/ Themes:

Keuses en hoe dit ons daaglikse lewe beinvloed en dus dan ook ons groot lewensveranderinge. Die vraag, 'hoekom ek gekies het om terug te kom Suid Afrika toe van Amerika af', word beantwoord. Dis 'n gesprek vol hoop en vooruitsig vir Suid Afrikaners.

Met mammas : oor die vroee oomblikke en lewens verandering wat ons ondergaan wanneer ons ouers word. Hier is daar 'n verskeidenheid van temas in verband met bv; geboorte, moederskap en ouerskap. Sy is opgelei en het vir 3 jaar as doula gepraktiseer in Amerika. Sy bied ook voorgeboorte afrigting aan vir nuwe ouers.

Die waarde van reis en hoe om perspektief te behou wat 'n mens positief en gelukkig kan hou. "Following ones joy...."

Skole praat sy graag met die kinders oor die ander kant van die storie en integriteit...anti-bullying, leef met liefde en "always be kind" soort gesprekke.

Jong meisies : praat ons oor liggaams-bewustheid en hoe om mekaar te ondersteun en te verstaan...dis gewoonlik 'n paar ure se workshop.

Marijke van der Westhuizen


Mia Spies

Marijke van der Westhuizen is gebore in Bethlehem. Na skool studeer syvby Tukkies vir n B-prom ED graad. Sy was 'n danser vir 30 jaar, en het Ballet en Moderne danse as opleiding gehad. Sy was deel van die oorspronklike Bulls babes en het 'n internasionale danskontrak in Taiwan gedoen. Sy het ook vir sangers gedans soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nadine, en nog vele meer. Marijke het die laaste Super Skouspel by die FNB stadion gechoreografeer en self ook in die vertoning gedans. Sy is nou voltyds 'n akteur in die Kyknet sepie Getroud Met Rugby en was deel van die reeks Getroud met Rugby seisoen 1,2,3,4 en 5 voor dit n sepie geword het. Marijke van Der Westhuizen geniet dit om MC asook sprekers werk te doen en mense te ontmoet men te inspireer waar ook al. Sy kan tema's aanpas nagelang die behoefte.

Solomon Cupido


Solomon Cupido

Solomon Cupido het geweet sy roeping le in die vermaaklikheidsbedryf die dag hy vir die eerste keer mense laat lag. Hy het as kind die rol van Josef in die Kersspel vertolk, maar sy woorde vergeet en die mense laat skater. In 2007 het hy sy Nasionale diploma gekry by die Tswane Universiteit van tegnologie. In hierdie selfde jaar maak hy sy verskyning in die ikoniese sepie Egoli. In 2008 maak hy sy eerste verskyning op die silverdoek as ‘Errol’ in die movie ‘Karate Kallie’

Daarna het baie kinderteaterproduksies en agter-die-skerms werk by bekende flieks soos ‘Hoofmeisie’ en ‘Agent 2000’ Hy het ook rolle vertolk in minstens 20 Afrikaanse flieks, waaronder ‘Bakgat 2 en 3’ ‘Pad na jou hart’ “Ballade vir ‘n Enkeling’ en ‘As jy sing’

Solomon was ook te sien op die kassie, in n paar bekende sitcoms op Kyk-net soos ‘Die Kasteel’ en ‘Mense Mense’ Hy het ook sy verskyning gemaak in twee seisoene van “Jou Show” met Emo Adams. Wanneer Solomon nie besig is met tv of film werk nie, doen hy iets wat baie na aan sy hart is. Solomon het n groot liefde vir wat hy doen en glo dat hy kan dinge ligter maak deur mense te laat lag. Hy praat gereeld met mense baie verskillende geleenthede waar hy stories vertel uit sy verlede, en so lag almal en terselfde tyd leer almal uit sy foute, hy glo dat n slim mens leer uit sy eie foute, en wyse mense leer uit ander mense se foute.

Temas/ Themes:

The mind is the battlefield

Laughter is medicine

Wie is ek

Adam en Eva (Vir paartjies)

Hart van n Vader


© Copyright 2019-

Speakers Profile

All Rights Reserved


Powered & Sponsored by @IT Designs