Louis van Wyk

Sedert 1975 het Louis, wat deur die media begroet was as “King Louis”, as platejoggie (DJ) opgetree in meer as 12 top Suid-Afrikaanse diskoteke.  Hy het skares in Duitsland, Londen en Spanje vermaak en opgetree by die opening van die gesogte Raffles Disco by Sun City.  Hy het ‘n 3-jaar- skof by Sun City gehad.

Naas sy suksesvolle loopbaan as ‘n DJ het hy Music Profile Management bestuur, wie oor die afgelope 40 jaar meeste van die top sterre in die Suid Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf bestuur het, soos Steve Hofmeyr (wie hy vir 19 jaar lank bestuur het), Leon Schuster, Kurt Darren, André Schwartz, Mango Grove, Karin Hougaard, Dozi, Cinema, Die Campbells, Nianell, Amor Vittone, Joost van der Westhuizen, Nadine, Patricia Lewis, Pieter Koen, Danie Niehaus, Bok van Blerk en nog vele meer!

Hy het die suksesvolle musiekgroepe Working Girls en Luv U So gevorm;  hy het Mej SA 1985 bestuur, sowel as Mej SA, wat ook as Mej Duitsland aangekondig was, Andrea Steltzer .

In 1989 was hy aan die stuur van 50 “Dasiefoutie” optredes met Leon Schuster – almal uitverkoop!  Gedurende Februarie 2003 het Louis die baie suksesvolle “Die Groot 5 & die Lollipop Toer ” aangebied, wat deur meer as 60,000 mense landwyd bygewoon was, asook “Die 7 Wonders Toer “, wat in Maart 2005 deur 25,000 bygewoon was.

Hy het alle vorige rekords oortref met die reuse sukses van Steve Hofmeyr se “ALLES IN EEN NAWEEK”, wat bygewoon was deur 24,000 mense.

Hy was ook aan die stuur van die hele vermaak portefeulje vir 14 jaar by die Randse Paasskou.

Onder die titel ShowStar Konserte, het Music Profile Management die volgende internasionale kunstenaars in Suid Afrika getoer, nl :

Bad Boys Blue, Bonnie Tyler, Smokie, Foster & Allan, A- ha, A-ha, White Heart, Vaya Con Dios, Samantha Fox, Jethro Tull, Deep Purple, Uriah Heep, Electric Light Orchestra, The Hollies, Toto, Moody Blues, The Knack, Spencer Davis Group and Steppenwolf, Barney the Purple Dinosaur (en tydens díe besoek, ook betrokke by die Nelson Mandela Children’s Fund and World Classic Rockers).

Meer onlangs het Louis weer The Hollies (2011) na Suid Afrika gebring en ‘n baie suksesvolle toer gehad, gevolg deur die bekendste “soft rock due”, Air Supply (2014), sowel as die wêreld bekende Franse pianis, Richard Clayderman (2014).